15-jarige meisie in Valhalla Park geskiet en beseer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Meisie (15) is Donderdagaand omstreeks 20:40 in Robinstraat, Valhalla Park, in haar huis met skietwonde aangetref. Die voorval word deur die polisie ondersoek.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits polisiebeamptes het vir ‘n klagte by die adres opgedaag. Die slagoffer is op die toneel met skietwonde aan haar kop en heup aangetref. Sy is vir mediese behandeling per ambulans na ’n nabygeleë mediese fasiliteit vervoer.

‘n Saak van poging tot moord is oopgemaak. Die polisie vra enigiemand met relevante inligting om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief