Daniëlskuil-polisiebeamptes in veilige hantering van slange opgelei

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Sers. Lebogang Moreothibang en konst. Kesaoleboga Thomas van die Daniëlskuil-polisiekantoor het onlangs gespesialiseerde opleiding in die veilige hantering van gevaarlike slange ontvang.

Kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die beamptes het die uitdaging met moed aanvaar en die opleiding, wat deur Idwala-myn aangebied is, met sukses voltooi. Die program was daarop gemik om kursusgangers toe te rus met die nodige kennis en praktiese vaardighede om giftige slange veilig te vang en te hervestig. Die beamptes het tydens die kursus met verskeie hoogs giftige slangspesies gewerk, insluitend die pofadder, groen mamba, boomslang en nagadder.

Ehlers sê die twee beamptes is nou goed voorbereid om gevaarlike slange wat in die gemeenskap voorkom, veilig te hanteer en te verwyder, om sodoende die veiligheid van inwoners te verseker.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief