18 gevangenisskole se matrieksukses bevestig DKD-rehabilitasie

Lees ook :

Foto's: DKD

15 van 18 gevangenisskole het in 2025 ‘n matriekslaagsyfer van 100% behaal. Altesaam18 skole binne die departement van korrektiewe dienste (DKD) het matriek geskryf. Dit bevestig volgens ‘n DKD-plasing vanoggend (Donderdag) op sosiale media die departement se toewyding aan opvoeding as kern van rehabilitasie. Hierdie skole bied gestruktureerde leergeleenthede aan wat gevangenes bemagtig om hulle lewens deur kennis en dissipline te verander.

Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste, en Makgothi Thobakgale, die nasionale kommissaris, het die toppresteerders geloof vir hulle goeie uitslae. Die 15 skole se 100%-matriekslaagsyfer dra by tot ‘n algehele nasionale slaagsyfer van 94.4%. Die skole, per streek, wat ‘n slaagsyfer van 100% behaal het, sluit in:

  • Oos-Kaap: Cradock, SADA School of Excellence, St Albans
  • Vrystaat en Noord-Kaap: Bokamoso Independent School, Liberty Independent School (albei 100% B‑graad)
  • Gauteng: Emthonjeni (100% B‑graad), Johannesburg Female
  • KwaZulu-Natal: Usethubeni (100% B‑graad met 58 onderskeidings), Ekuseni, Qalakabusha, Sicebengolwazi (100% B‑graad)
  • Limpopo, Mpumalanga en Noord-Wes: Vuselela, Umlalati, Thusano
  • Wes-Kaap: Brandvlei

KwaZulu-Natal is die toppresterende streek, met Usethubeni Youth School in Durban, waar al 31 leerling-gevangenes met universiteitsvrystelling (bachelor) geslaag het.

Die drie toppresteerders van die DKD-matriek 2025 sluit is:

  1. Nkosinathi Jabulani Gumede van Usethubeni, wat vier jaar vir verkragting tronkstraf uitdien en beplan om kriminele reg te studeer. Hy het ‘n gemiddeld van 85.5% en het 6 onderskeidings.
  2. Jooste Tyrique van Emthonjeni Youth School is in Desember 2022 vir diefstal gevonnis en is op parool geplaas nadat hy matriek met ‘n gemiddeld van 84.4% geskryf het.
  3. Nasen Christiano van Brandvlei Youth School dien sedert 2018 ‘n vonnis vir moord uit en sal met sy studies in rekeningkunde by UNISA voortgaan. Hy het ‘n gemiddeld van 83% en 4 onderskeidings behaal.

Die streke het soos volg presteer:

  1. KwaZulu-Natal – toppresterende streek
  2. Limpopo, Mpumalanga en Noord-Wes
  3. Gauteng en Wes-Kaap (gelyk)
  4. Oos-Kaap
  5. Vrystaat en Noord-Kaap

Bron: DKD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief