18-Jarige in hegtenis geneem

Lees ook :

DE AAR.- Die vinnige reaksie van die misdaadintelligensie-eenheid hier het gelei tot die in hegtenisneming van ’n 18-jarige vroulike verdagte.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê hulle het inligting opgevolg en het die vermeende dwelmhandelaar Woensdag in hegtenis geneem. “Daar is vier sakke Crystal Meth in haar besit gevind.”

Hy sê die beraamde straatwaarde vir die dwelms is ongeveer R11 000.

“Die verdagte sal na verwagting binnekort in die De Aar-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief