Tieners voor skool beroof

Lees ook :

Die mans wat die vrou doodgesteek het, sal Maandag in die hof verskyn
Die mans wat die vrou doodgesteek het, sal Maandag in die hof verskyn Foto: nbcchicago.com

KIMBERLEY. – Drie tieners is Donderdagoggend voor skool, in Carringtonweg, met ’n mes gedreig en beroof.

Die drie tieners, tussen 14 en 15 jaar oud, het na hulle skool, Hoërskool Diamantveld, geloop soos elke ander oggend.

Jo-Anne Zimmerman, die een tiener se ma, sê daar was twee verdagtes. “Daar is ’n mes teen my seun se maag gehou en die man het vir hom gesê dat hy hom sal steek, maar gelukkig is niemand tydens hierdie voorval beseer nie.”

Sy sê die twee verdagtes is deesdae doenig in die area. “Die een verdagte deel die koerante in die area uit.

“Gelukkig is net my kind se selfoon gesteel, maar dit was baie traumaties vir hom en sy vriende. Ons gaan voortaan die kinders by die skool aflaai,” vertel Jo-Anne.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. “Daar is twee verdagtes wat met ’n mes gewapen was. ’n Saak van roof met ’n wapen, anders as ’n vuurwapen, is geopen.”

Sy het ook bevestig geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App