2 dood, nog 3 beseer nadat voertuig teen boom bots

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Twee mans is Saterdagmiddag dood en drie ander ernstig beseer nadat ‘n voertuig met vyf passasiers beheer verloor en teen ‘n boom op die middelman van die M4 naby Walter Gilbertstraat in Durban gebots het.

Volgens Garrith Jamieson van ALS Paramedics het paramedici omstreeks 15:00 met aankoms gevind dat die bestuurder en voorste passasier in die voertuigwrak vasgekeer was. Albei mans, vermoedelik in hul twintigerjare, het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die Ethekweni-brandweerdepartement moes reddingskake gebruik om hulle uit die wrak te bevry.

Die drie ander passasiers, ook in hul twintigerjare, het ernstige tot kritieke beserings opgedoen. Een is op die toneel aan ‘n ventilator gekoppel. Gevorderde lewensondersteunende behandeling is toegepas voordat hulle na hospitale vervoer is.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Die polisie en die metropolisie was op die toneel teenwoordig en ondersoek die saak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief