2 m. koopkragmeters nog nie geherkodeer nie, sperdatum naby

Lees ook :

2 m. mense moet nog koopkragmeters herkodeer, sperdatum naby
2 m. mense moet nog koopkragmeters herkodeer, sperdatum naby fotokrediet: Canva

Lees ook: Onthou om koopkragmeters op te dateer, sê Eskom

Volgens die DA is 2 m. koopkragmeters in Suid-Afrika nog nie herkodeer nie, afgesien daarvan dat Eskom se sperdatum 24 November is.

Suid-Afrikaners wat nie hulle meters voor die sperdatum opdateer nie, sal moontlik ’n nuwe meter moet koop wat ongeveer R12 000 kos.

Eskom het hulle kliënte aangemoedig om dadelik hulle meters te herkodeer om te vermy dat hulle sonder elektrisiteit sit.

Eskom het gesê om te kyk of jou meter reg is, moet jy die syfers 1844 6744 0738 4377 2416 op jou meter intik. As dit ’n 1 of 1.2 wys, moet dit nog herkodeer word. As dit ’n 2 of 2.2 wys, is jou meter reeds opdateer.

Bronne: PoliticsWeb, IOL, eNCA

Lees ook: Onthou om koopkragmeters op te dateer, sê Eskom

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief