2 verdagtes dood in skietgeveg met polisie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – Twee verdagtes wat gesoek is in verband met ’n skietvoorval op 6 Januarie by Ezimangweni in Inanda waarin twee mense dood is, is Woensdagmiddag by Amaoti tydens ‘n skietgeveg met die polisie noodlottig gewond.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, kol. Robert Netshiunda, het beamptes ’n woning in Amaoti genader, nadat vyf ander verdagtes reeds vir die saak in hegtenis geneem is. Met die polisie se aankoms het die verdagtes glo op hulle losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en die verdagtes noodlottig gewond.

Die polisie sê twee vuurwapens is op die toneel gevind en sal vir ballistiese ontleding gestuur word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief