INDIЁ. – 21 mense is gister (Dinsdag) oorlede en 10 is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem na hulle giftige drank in Noord-Indië gedrink het.
Lees ook: Regter verminder Menendez-broers se vonnis, gee hulle kans op parool
Tien mense is in hegtenis geneem na bewerings dat hulle die giftige drank in vyf dorpies verkoop het.
Distriksowerhede het mediese spanne na Patalpuri, Karnala, Marari Kalan, Bhangali en Therewal gestuur om van deur tot deur te gaan om te sien of mense siek is.
‘n Voorlopige ondersoek het aangedui metanol, wat gebruik is in die vervaardiging van die drank, is moontlik die oorsaak van die sterftes.
Bronne: Euronews, The Hindu, The Indian Express
Lees ook: Regter verminder Menendez-broers se vonnis, gee hulle kans op parool