22 jaar vir moord van gesin

Lees ook :

Die polisie verwelkom die suksesvolle vervolging van Dumisani Magagula.  Magagula is op 18 April 22 jaar tronkstraf vir die moord op drie lede van die Makaleni-familie  in die Kimberley-hooggeregshof opgelê.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, sê: “Magagula het op 5 November 2016 by ’n oop venster toegang tot die woning van die Makleni-gesin op De Aar verkry. Hy het Glenwill Sam Makaleni, sy vrou, Gladys Hanna Makaleni, en hulle seun, Gladwill Winston Makaleni, vermoor. Magagula is op vier aanklagtes naamlik huisbraak en die drie moorde skuldig gevind.”

Luidens die hofsaak was die oortreder bedwelmd toe hy die moorde gepleeg het.

Die polisiebestuur in die Noord-Kaap het die ondersoekbeampte, kapt. Kobus Nel, advokaat Adele van Heerden van die NPA en landdros Sharon Erasmus, bedank.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief