24 treinwaens in Bloemfontein gebrand

Lees ook :

BLOEMFONTEIN – ’n Saak van brandstigting is geregistreer vir nadere ondersoek nadat waens by ‘n treinstasie in Bloemfontein aan die brand gesteek is.

Op Saterdag 4 Januarie 2020, omstreeks 14:30, het ’n werknemer aangedui dat hy rook by die waens wat op die treinspoor langs die Bloemfonteinse treinstasie geparkeer is, sien uitkom. By nadere ondersoek het hy opgemerk dat ’n aantal treinwaens aan die brand geslaan het.

Later is ontdek dat 24 waens, elk ter waarde van R4 miljoen, verbrand is. Die oorsaak van die brand word ondersoek, maar daar is vasgestel dat daar geen elektrisiteit of brandstof in die waens was nie.

Enigiemand met inligting moet die Parkweg-polisie skakel by 051-5076000 of Crime Stop by 08600 10111.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief