Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku oor ’n afsny-laagdrukstelsel wat vanaf Woensdag die land gaan tref en na verwagting tot Saterdag gaan aanhou.
Lees ook: Reën oor grootste deel van land voorspel, verskeie waarskuwings uitgereik
Koue temperature, reën en donderstorms is oor die grootste deel van die land voorspel. Erge donderstorms met oorstromings, skade aan paaie, huise en die verlies van infrastruktuur, eiendom en diere word voorspel, veral in die Vrystaat en Noord-Wes. Daar sal moontlik ook hael wees.
Sneeu word voorspel oor die Drakensberge in Lesotho, KZN en die Oos-Kaap.
Bronne: SAWD
Lees ook: Reën oor grootste deel van land voorspel, verskeie waarskuwings uitgereik





