27 Palestynse burgers glo doodgeskiet naby hulpsentrum

Lees ook :

27 Palestynse burgers glo doodgeskiet naby hulpsentrum fotokrediet: Canva

GASA. – Altesame 27 Palestynse burgers is vandag deur die Israeliese weermag naby ’n hulpsentrum hier doodgeskiet. DIt is volgens ’n woordvoerder van die Hamas-gesteunde Siviele verdedigingsagentskap, Mahmoud Basal.

Lees ook: Israel sê dit sal ‘basiese hoeveelheid’ kos in Gaza toelaat

Basal beweer die voorval het sowat 1km van die hulpsentrum af gebeur.

Die Israeliese weermag het gesê dit het gevuur ná dit verdagtes geïdentifiseer het wat “weg van die toegelate roetes” in hul rigting beweeg en ‘n bedreiging vir hulle ingehou het. Daar was die vorige twee dae soortgelyke voorvalle.

Die VN menseregtehoof, Volker Trk, het die aanvalle ’n “oorlogsmisdaad” genoem en het gesê dit gaan ondersoek word.

Bronne: BBC, The Independent, The Economic Times

Lees ook: Israel sê dit sal ‘basiese hoeveelheid’ kos in Gaza toelaat

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief