32 Suid-Afrikaanse studente is tans in die konflikgeteisterde Oekraïne gestrand

Lees ook :

32 Suid-Afrikaanse studente is tans in die konflikgeteisterde Oekraïne gestrand. Die Departement van Hoër Onderwys sê hy werk nou saam met die Departement van Internasionale Betrekkinge om die veiligheid van die 32 studente te verseker.

Twee dae gelede is berig dat ‘n 24-jarige mediese student van sy medestudente geskei is terwyl hulle op ‘n trein geklim het.

Die student het glo by Suid-Afrikaanse ambassades in al Oekraïne se buurlande gepleit om diegene wat sonder paspoorte of geld vlug, by te staan.

Die Departement sê hy sal meer besonderhede gee terwyl die situasie ontvou.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Pogings om agterstallige skuld deur die Mangaung metro in te vorder, verskerp

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief