4 mense dood in Russiese aanval op Kijif

Lees ook :

4 mense dood in Russiese aanval op Kijif fotokrediet: Canva

KIJIF, OEKRAÏNE. – Vier mense is dood en 27 is beseer, insluitend ‘n swanger vrou, nadat Rusland oornag 430 hommeltuie en 18 vuurpyle gebruik het om Kijif, Oekraïne aan te val.

Lees ook: Sowat 7 dood in aanval deur Rusland op Kijif-gebied

Owerhede het gesê die aanval is steeds aan die gang en dat inwoners in hulle skuilings moet bly.

Volgens die burgemeester van Kijif is dele van die stad se verhittingsnetwerk in die aanval geteiken en gaan die elektristeits- en watertoevoer dalk onderbreek word.

Rusland het gesê die aanvalle op energieteikens is op die Oekraïense weermag gemik.

Bronne: BBC, The Independent, Euronews

Lees ook: Sowat 7 dood in aanval deur Rusland op Kijif-gebied

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief