4 sterf in botsing tussen 9 voertuie

Lees ook :

Foto's: Moeti Mmusi

MPUMALANGA. – Vier mense is Maandagmiddag dood in ‘n botsing tussen nege voertuie op die R555 naby Middelburg. Paramedici het die slagoffers op die toneel dood verklaar.

Altesaam nege voertuie, waaronder die vragmotor, vier ligte afleweringsvoertuie, ‘n sportnutsvoertuig en ander motorvoertuie, was by die botsing betrokke. Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê ‘n vragmotor wat van Middelburg na Emalahleni (Witbank) onderweg was, het vermoedelik beheer verloor en teen een van die voertuie gebots. Verskeie ander voertuie het daarna in mekaar vasgery en ook teen staal gebots wat van die vragmotor afgeval het. Die vragmotor het met die impak aan die brand geslaan.

Vyf mense het ernstige beserings opgedoen, terwyl nog drie lig beseer is. Die beseerdes ontvang mediese behandeling by hospitale in Middelburg en Emalahleni.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

Foto’s bo: SA Truck King

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief