4 verdagtes ná roof van R3 m. se juweliersware vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – Vier verdagtes is Sondag binne enkele ure ná ’n gewapende roof by ’n juwelierswinkel in Jeffreysbaai in hegtenis geneem, met juweliersware, waarvan die waarde op meer as R3 miljoen geraam is, teruggevind.

Kapt. Marius McCarthy, polisiewoordvoerder, het gesê die vinnige reaksie en samewerking tussen die polisie, veiligheisnetwerke en tegnologie het daartoe gelei dat die verdagtes kort ná die roof opgespoor is. Die roof het kort ná 10:00 plaasgevind toe twee gewapende verdagtes die winkel binnegegaan, mense met vuurwapens gedreig en hulle beveel het om op die vloer te lê. Nog verdagtes het daarna die winkel binnegegaan, glasvertoonvensters stukkend geslaan en ’n groot hoeveelheid juweliersware gebuit. Geen skote is geskiet en niemand is tydens die voorval beseer nie.

Kringtelevisiebeeldmateriaal is ná die roof nagegaan en beskrywings van die verdagte voertuig is deur plaaslike veiligheidsnetwerke en die NAVIC-opsporingstelsel versprei. Beamptes van die Gqeberha-blitspatrollie het die inligting opgevolg en die voertuig op die N2 in die rigting van Gqeberha gewaar. Dis onderskep en vier verdagtes tussen 24 en 36 jaar oud is na ’n deursoeking in hegtenis geneem. Die polisie het ’n groot hoeveelheid juweliersware met die winkel se prysetikette, een rondte AK-47-ammunisie en klere wat ooreenstem met dié wat die verdagtes tydens die roof gedra het, in beslag geneem.

Die verdagtes bly in aanhouding en sal in die hof verskyn op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde goedere en onwettige besit van ammunisie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief