41 verdagtes op aanklagte van mensehandel en oortreding van immigrasiewet in hof

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – 41 verdagtes, insluitende buitelandse burgers en kleuters, bly in aanhouding nadat hulle Maandag op aanklagte van mensehandel en oortreding van die immigrasiewet in die Barberton-landdroshof verskyn het.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder vir die Valke, sê die saak teen twee taxibestuurders en 15 mans is tot 20 Augustus en die saak teen die vroue, wat die kleuters insluit, tot vandag uitgestel. Almal bly in aanhouding sodat ouderdom vasgestel kan word en regsverteenwoordiging bekom kan word.

“Die sake teen die minderjariges is hangende die beskikbaarheid van ‘n proefbeampte en maatskaplike dienste, nie hanteer nie.”

Vrydag is inligting van misdaadintelligensie ontvang van twee taxi’s wat van Mosambiek na Johannesburg met ongedokumenteerde persone onderweg is. Die plaaslike polisie, kriminele rekordsentrum en grenspolisie het die inligting opgevolg. Die taxi’s is omstreeks 20:00 op die N4 opgemerk, gestop en deursoek. Twee taxibestuurders, ‘n bakkiebestuurder en ongedokumenteerde passasiers is omstreeks 20:00 op Kaapmuiden in hegtenis geneem. Die persone wat gearresteer is, sluit die bestuurders, 15 mans, die vroue, tienermeisies en kleuters in wat nie behoorlike dokumentasie om in die land te wees, kon voorsien nie.

“Die verdagtes is onderskeidelik op aanklagte van ontvoering, hulpverlening en bystand, asook ortreding van die immigrasiewet, aangehou.”

Die Valke is ontbied en het die ondersoek oorgeneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief