42 leerlinge in ongeluk met skoliervervoer

Lees ook :

Foto: Itsyour Tembeza II

GAUTENG. – Altesaam 42 leerlinge van Hoërskool Relebogile in Carletonville is Maandag na ‘n hospitaal geneem nadat die voertuig waarmee hulle na en van die skool vervoer word, in ‘n ongeluk betrokke was.

Steve Mabona, woordvoerder vir die departement van onderwys in die provinsie, sê die leerlinge is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

“Ses van die leerders het beserings opgedoen, twee van hulle ernstige frakture.”

Mabona sê die departement monitor die beseerde leerlinge se toestand en sal opdaterings oor hulle herstel maak.

Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie, sê: “Ons is diep bekommerd oor die welstand van die geaffekteerde leerders en ons sal verseker dat hulle die nodige mediese sorg ontvang. Ons gedagtes en gebede is by hul families gedurende hierdie uitdagende tyd en ons wens leerders ‘n spoedige herstel toe.”

Volgens Merofong Observer het die ongeluk reg voor Khutsong-polisiestasie gebeur.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief