5-jarige steek huis aan die brand

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Huis in Waterloo is Dinsdag aan die brand gesteek deur ‘n 5-jarige seun wat met vuurhoutjies gespeel het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die diens is omstreeks 13:30 vir hulp na Lilistraat, waar ‘n hout-en-ysterstruktuur in vlamme gehul is, ontbied. Reaksiebeamptes en Ethekwini se brand-en-reddingsdienste het saam op die toneel aangekom. Die vuur is geblus, maar die struktuur was totaal verwoes.

Rusa sê daar is vasgestel die kind het met vuurhoutjies gespeel en die huis per ongeluk aan die brand gesteek. Geen beserings is aangemeld nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief