GAUTENG. – Vyf mense is Dinsdagmiddag kort ná 13:00 buite ’n snoepwinkel in Jeffsville, Atteridgeville, doodgeskiet.
Polisiewoordvoerder, brig. Brenda Muridili, sê in ‘n verklaring verdagtes het glo die slagoffers buite die snoepwinkel genader en sonder waarskuwing op hulle losgebrand, voordat hulle van die toneel gevlug het. Lt.genl. Tommy Mthombeni het hulpbronne na die toneel gemobiliseer, waar paramedici die vyf slagoffers dood verklaar het.
‘n Saak van moord met vyf aanklagte van moord is geregistreer. Die motief vir die aanval vorm deel van die voortgesette ondersoek.





