GAUTENG. – ’n 50-jarige Thaise burger is op OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat 50 voëleiers glo in ’n tuisgemaakte broeisak in sy handbagasie versteek is.
Kerry Mauchline, ministeriële woordvoerder vir David Maynier van die departement van bosbou, visserye en die omgewing (DFFE), sê die inhegtenisneming op 20 Augustus was die gevolg van ’n gesamentlike operasie deur die departement se groen skerpioene, polisie-misdaadintelligensie en grenspolisie wat deur die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies ondersteun was.
Volgens die departement dui voorlopige ondersoeke daarop dat die eiers van papegaaispesies afkomstig is wat ingevolge die konvensie oor internasionale handel in bedreigde spesies van wilde fauna en flora (CITES) gelys is. Dit volg op ’n soortgelyke voorval op 16 Julie, toe ’n 23-jarige Thaise burger glo probeer het om 418 papegaai-eiers in twee tuisgemaakte broeisakke te smokkel.
Die onderskepte eiers word deur SANBI-personeel by die nasionale dieretuin in Pretoria versorg. Die DFFE sê verskeie van die eiers het reeds uitgebroei en die kuikens ontvang intensiewe veeartsenykundige sorg. Die ondersoeke na albei sake duur voort.
Druk hier om meer te lees.