500 rookverklikkers vir informele nedersetting

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die Stad Tshwane se nooddiensdepartement het saam met die Suid-Afrikaanse Rooikruisvereniging ’n projek van stapel gestuur om rookverklikkers in die Kameeldrift-Oos- informele nedersetting te installeer.

Lindsay Zwelithini Mnguni, departementele woordvoerder vir Tshwane, sê in ‘n verklaring as deel van die inisiatief sal die rookverklikkers in strukture van kwesbare huishoudings van onder andere bejaardes, kind-geleide gesinne en persone met gestremdhede aangebring word. Daarbenewens word omvattende brandveiligheidsassesserings en bewusmakingsveldtogte aangebied om inwoners oor brandvoorkoming en noodvoorbereiding op te voed.

Die program sluit interaktiewe sessies met nooddienspersoneel in, waar inwoners kan leer oor loopbaanmoontlikhede en kundigheid binne die nooddienssektor. Praktiese demonstrasies oor behoorlike ontruimingsprosedures tydens noodgevalle word ook gegee. Die primêre doelwit van die projek is om gemeenskapsveiligheid te verbeter en brandrisiko’s te verminder deur ’n kultuur van veiligheid te bevorder.

Die inisiatief sal Donderdag 4 September 2025 tussen 09:00 en 13:00 in die Kameeldrift-Oos- informele nedersetting plaasvind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief