60 in hegtenis ná betogings in Los Angeles

Lees ook :

60 mense in hegtenis na betogings in Los Angeles fotokrediet: X Skermgreep

LOS ANGELES, VSA. – Altesame 60 mense is in die laaste paar dae in hegtenis geneem ná betogings in Los Angeles teen klopjagte deur die immigrasie-diens wat mense uit die VSA te deporteer.

Lees ook: Vrou meegesleur deur oorstromings in Wes-Kaap

Die betogings het Vrydag begin toe dit bekend geword het dat immigrasie-beamptes klopjagte uitgevoer het in buurte waar Spaanssprekendes woon.

Pres. Donald Trump het die beamptes beveel om 3 000 onwettige immigrante per dag in hegtenis te neem en te deporteer. Hy het ook 300 soldate van die Nasionale Wag na die stad gestuur.

Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, het gevra dat Trump dié troepe verwyder en het gesê hul ontplooiing is ’n “ernstige oortreding van die staat se soewereiniteit”. Volgens Los Angeles se burgemeester, Karen Bass, het die Trump-administrasie se optrede die situasie vererger.

Die president het egter gesê die soldate se ontplooiing is noodsaaklik en het opdrag gegee dat nog troepe na Los Angeles gestuur word.

Bronne: Euronews, Los Angeles Times, BBC

Lees ook: Vrou meegesleur deur oorstromings in Wes-Kaap

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief