7 ongelisensieerde rewolwers deur polisie gevind

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Polisielede van ZF Mgcawu-distrik het Vrydag verskeie suksesse met Operasie Vala Umgodi gehad, waartydens onder meer sewe ongelisensieerde rewolwers by verdagtes gevind is.

Sers. Molefi Shemane sê die lede, onder leiding van lt.kol. Boitumelo Seleke, het op onwettige mynery en ander verwante misdade gefokus. Stop en deursoeking in Marantheng het gelei tot die inhegtenisneming van drie verdagtes wat die sewe vuurwapens in hulle besit gehad het. Vier Taurus .38 Special-rewolwers en drie Rossi .38 Special-rewolwers is gekonfiskeer. Die verdagtes kon nie geldige vuurwapenlisensies vir die vuurwapens gee nie en is vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens in hegtenis geneem.

Met inligting oor dwelmverwante misdaad in Boichoko, Newon in Marantheng, is ‘n verdagte (48) in hegtenis geneem nadat Mandrax-tablette en dagga glo in sy besit gevind is. Die lede het ook op selfone beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting in die Postmasburg-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief