Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het vir vandag, Maandag, weerwaarskuwings uitgereik.
Geel vlak 4-waarskuwings vir ernstige onweersbuie en plaaslike oorstromings geld vir die Drakensberg en oostelike hoëveld van Mpumalanga, sowel as die Drakensberg en noordelike dele van Limpopo. Hierdie waarskuwings dek kwesbare paaie, nedersettings en laagliggende brûe.
Geel vlak 2-waarskuwings geld vir die sentrale en oostelike Limpopo, die hoëveld en laeveld van Mpumalanga, Midellande en westelike KwaZulu-Natal, oostelike Vrystaat en suidwestelike Noordwes.
Uiters hoë brandgevaarstoestande word voorspel vir die Kai !Garib-munisipaliteit in die Noord-Kaap.



Bronne SAWD en #VoxWeather




