7 van 222 verkragtingsverdagtes gearresteer, is vir sake met minderjariges

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Altesaam 222 verkragtingverdagtes is vanaf 31 Maart tot 6 April landswyd gearresteer. Sewe van hierdie verdagtes, tussen 24 en 79 jaar oud, is vir die beweerde verkragting van minderjariges in aanhouding.

Brig. Athlenda Mathe sê die polisie het sy geveg teen geslagsgebaseerde geweld verskerp en op die ondersoek van die sake en opsporing van beweerde verdagtes gefokus.

‘n 13-jarige meisie wat glo deur ‘n onderwyser (58) van Limpopo verkrag is, is een van die minderjarige slagoffers. In Mpumalanga is ‘n 79-jarige man gearresteer nadat ‘n 14-jarige meisie verkrag is en in Limpopo is ‘n man (54) vir die beweerde verkragting van ‘n 11-jarige meisie in hegtenis geneem. ‘n Onderwyser (24) is vir die beweerde verkragting van ‘n meisieleerling (15) by ‘n skool in Nelspruit gearresteer en hangende verdere ondersoek en beslissing deur die direkteur vir openbare vervolging, vrygelaat. Mans, onderskeidelik (56) en (59), is vir die beweerde verkragting van ‘n 7-jarige in Noordwes in hegtenis geneem. In Limpopo is ‘n man (36) is daarvan beskuldig dat hy sy niggie (4) verkrag het.

Mathe sê 13 393 individue is in totaal landswyd vir verskeie beweerde misdade gearresteer.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief