80-jarige in hegtenis ná liggaam op plaas gevind is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n 80-jarige man is in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk ontvang en die liggaam van ‘n jong man op 20 Augustus op ‘n plaas tussen Kroonstad en Welkom begrawe aangetref is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring ‘n Bloemfontein-taakspan het die wenk opgevolg, waarna die liggaam in ‘n gevorderde toestand van ontbinding gekry is. DNS-monsters is geneem om die oorledene se identiteit te bevestig. ‘n Saak van moord en regsverydeling word ondersoek.

Die bejaarde man sal binnekort in die hof verskyn. Die polisie het aangdui dat verdere inhegtenisnemings moontlik is.

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om toe te laat dat die ondersoek op ’n bewys-gedrewe manier voortgaan en om nie ongeverifieerde inligting te versprei wat die saak kan benadeel nie,” het Makhele bygevoeg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief