Robotte en hommeltuie is die toekoms

Lees ook :

Weet jy hoe werk ‘n hommeltuig of hoe word ‘n robot aanmekaargesit? Agt leerlinge van die Robotics-klub van die Hoërskool Carnarvon het so pas van Uruguay teruggekeer, waar hulle Suid-Afrika by die Internasionale Lego-liga verteenwoordig het.

Wiskunde en wetenskap

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys, sê dié leerlinge, vanaf gr. 9 tot 12, wil loopbane in wiskunde en wetenskap volg.

“Die leerlinge het Suid-Afrika in Uruguay verteenwoordig. Hulle het vandag op Kimberley-lughawe geland nadat hulle oorsee was.”

Dis die toekoms

Collen Jack, die LUR vir onderwys, het die leerlinge terug verwelkom. Jack sê meganiese ingenieurswese en die wetenskap is die toekoms. Hy het die onderwysers bedank en gesê ‘n onderwyser se talent en sukses hang af van hoe hy/sy leerlinge benader.

Wen goue prys

Die leerlinge het ‘n goue prys vir ‘n aspek, “Inspirasie”, van hulle projek gewen.

Jenay Mathison, ‘n onderwyser, tesame met Chantel Mabeleng, van die skoleprogram van SKA en Odwa Magabuko, junior programkoördineerder van SKA, het die leerlinge vergesel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief