Dronk polisiebeamptes veroorsaak glo ongeluk en probeer van toneel vlug

Lees ook :

Dronk polisiebeamptes veroorsaak glo 'n ongeluk en probeer van toneel vlug
Dronk polisiebeamptes veroorsaak glo 'n ongeluk en probeer van toneel vlug foto: The South African

Die polisie het gesê twee beamptes wat glo dronk, in uniform en agter die stuur, met ‘n bierbottel in die hand op kamera vasgevang is, is in hegtenis geneem.

Hulle het glo op 26 Mei 2022 ’n ongeluk op die R58 buite Lady Grey in die Oos-Kaap veroorsaak.

Die video van die twee beamptes het sedertdien viraal op sosiale media gegaan.

Beide beamptes staan tereg op aanklagte van dronkbestuur, asook roekelose en nalatige bestuur omdat hulle na bewering ‘n ongeluk by ‘n stilhouplek op die R58 buite Lady Grey veroorsaak het.

Daar word geglo die jonger beampte is ‘n 31-jarige konstabel en die ander ‘n 54-jarige adjudant-offisier wat in Maletswai gestasioneer is.

Albei word in die video dronk gesien. Die bron van die video is in hierdie stadium onbekend.

Die Oos-Kaapse polisie kon nog nie bevestig of meer inligting verskaf nie.

Bronne: The South African, The World News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Fetus van babaseuntjie gevind by ‘n onwettige stortingsterrein

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief