Kyk: ‘Trots rassistiese’ Gautengse ouma sê vir polisie ‘swart mense is barbaars’

Lees ook :

Kyk: Trots rassistiese Gautengse ouma sê vir polisie 'swart mense is barbaars'
Kyk: Trots rassistiese Gautengse ouma sê vir polisie 'swart mense is barbaars' foto: The South African

’n Gautengse ouma was Dinsdag in die moelikheid nadat sy ’n rassistiese tirade oor swart mense gehad het terwyl sy met die polisie te doen gehad het.

Die pensioenaris is verfilm waar sy swart Suid-Afrikaners as “barbaars” bestempel en het ook beweer “jy kan hulle nie in die donker sien nie”.

Die voorval het plaasgevind nadat die vrou die polisie gebel het in verband met die diefstal van een van haar honde.

Toe beamptes op die toneel aankom, was sy sigbaar woedend – en het regtig nie omgegee dat die beampte self swart was nie.

Die Gautengse ouma het verklaar dat dit “net swart mense is wat ander seermaak”.

Niks wat sy in die video sê, word beter nie en om dit te kroon, kry ons ‘n staaltjie oor hoe anderskleuriges in die nag weggesteek kan bly.

“Ek haat die swart barbaarse mense wat mense seergemaak het. Ek weet swart mense is die enigste mense wat honde sou steel. Waarheen sou hulle gaan? Wit mense doen dit nie. Dit is jou werk as ’n swart polisiebeampte om my verklaring af te neem.”

“Dis meestal swart mense wat hier rondhardloop en honde steel. Die swartes is donker en jy kan hulle nie in die nag sien nie. As hulle wit is, kan jy hulle sien. Van vandag af is ek ‘n rassis…niks kan die haat wat ek in my hart het, uitwas nie. Hulle steel alles,” sê die ouma op die video.

Die vrou se openlike verklaring dat sy nou ‘n trotse rassis is, sou genoeg wees om woede van die meeste lede van die publiek uit te lok.

Baie lof moet egter gegee word aan die swart polisiebeampte wat dié “mishandeling” eerstehands moes trotseer.

Die kalm en rustige beampte het koelkop gebly en die nou berugte Gautengse ouma haar eie gat laat grawe.

Bronne: The South African, The World News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Fetus van babaseuntjie gevind by ‘n onwettige stortingsterrein

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief