Byna agt maande ná die brand in Januarie by die parlement uitgebreek het, is die somme gemaak oor hoeveel dit gaan kos om dit te herstel, berig Eyewitness News.
Xolile George, sekretaris van die parlement, sê dit gaan R2 miljoen kos om die parlement te herstel oor ‘n tydperk van drie jaar.
Volgens George krap die parlement nou kop oor hoe hulle aan die geld gaan kom om die herstelwerk te doen.
Intussen het die parlement gedink om ‘n tussentydse struktuur op te rig om hul vergaderings te huisves, maar George sê die kostes sal om en by R600 00 beloop en dit sal twee jaar neem om te bou.





