Monument vir vermoorde Brendin

Lees ook :

Fotokrediet: Brendin Horner/Facebook

‘n Monument is twee jaar na sy moord vir Brendin Horner (22) opgerig.

Die onthulling van die monument het Saterdag 1 Oktober by Baberspan in Noordwes deur Horner se broer, Basjan, en sy seuns, Sebastiaan en Christaan, saam met ’n familielid, Pierre Fourie, plaasgevind.


Die monument is deur die beeldhouer Jacques Muller geskep. Aan die bokant van ‘n heiningpaal met doringdraad is ‘n replika van Horner se werkspet .

Horner is op 1 Oktober 2020 by ‘n plaashek buite Paul Roux in die Oos-Vrystaat ingewag en vermoor. Hy was op pad na die plaashuis.

Sy liggaam is die volgende ogggend gekry waar hy teen n heiningpaal in n sittende posisie vasgemaak was.

“Brendin, jy is op skemeruur van 1 Oktober 2020 voor jou plaashek in die distrik Paul Roux ingewag en oorval deur vyf mans. Soos soveel plaasmoorde in die donkerjare van kriminele bewind, is jy soos ’n lam geslag en jou moeg-gevegde lyf met ’n tou om jou nek aan die paal gehang, vir jou pa om jou daar te vind. Ons eer jou vir jou moed  en kaalhand terugveg.

“Ons het by Senekal vir jou laer getrek en vir jou ma die seënbede gesing. Hier by die pan was jou speelplek as kind. Dit is hier waar ons vrede sal vind,” staan op die monument.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief