Verbruikersdruk laat Dischem se uitvoerende hoof omswaai – Dirk Hermann

Lees ook :

Fotokrediet Dischem Facebook-blad

Kyk hier na die video van Dirk Hermann:

Druk wat deur verbruikers toegepas is, het veroorsaak dat Ivan Saltzman, wat die uitvoerende hoof van Dischem is, en die outeur van die omstrede brief oor aanstellings en bevorderings van wit mense, sê daar is nie meer ‘n moratorium op aanstellings en bevorderings nie.

Dirk Hermann, die bedryfshoof van Solidariteit sê in ‘n video dat dit alles te danke is aan verbruikers en wat hulle op sosiale media kan vermag.

Toe die verbruikers besluit dat hul nie meer Dischem gaan ondersteun nie, het die verkope geval en Saltzman het dit aan sy sak gevoel.

Dischem het die ommeswaai egter nog nie op skrif gesit nie en weier ook om dit op skrif aan Solidariteit te verskaf.

“Wys vir mense op skrif,” sê Hermann.

Hy vra ook dat meer mense hul plaaslike apteker moet ondersteun. Hy wens Suid-Afrikaners geluk met gesonde verbruikersaktivisme.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief