Janusz Walus word medies versorg na messteek voor paroolvrylating

Lees ook :

Fotokrediet Pretoria FM

Janusz Walus, wat verlede week parool in die konstitusionele hof toegestaan is na 28 jaar in die tronk vir ‘n lewenslange vonnis wat hom opgelê is vir die moord op Chris Hani, word behandel vir ‘n steekwond.

Singabakho Nxumhalo, woordvoerder van die departement korrektiewe dienste, sê dat hy Dinsdag deur ‘n mede-gevangene in die afdeling van Kgosi Mampuru II- korrektiewe sentrum in Tshwane (Pretoria), gesteek is. Sy toestand is stabiel en hy word medies versorg.

Die saak word ondersoek.

Chris Hani se weduwee het haar ontsteltenis oor Walus se vrylating in ‘n video te kenne gegee. Hy het Hani, voormalige SAKP-leier in April 1993 in die oprit van sy woning doodgeskiet.

President Cyril Ramaphosa, sowel as ander partye het kritiek uitgespreek teenoor die parool wat toegeken was. Sommige reaksies was weer dié van blydskap.

Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het intussen permanente verblyf aan Walus toegeken sodat hy sy parool in Suid-Afrika kan uitdien. Hy is nie geregtig om na sy tuisland, Poland, terug te keer nie.

Volgens AfriNuus is die gevangene wat Walus gesteek het ook besig om ‘n lewenslange vonnis uit te dien.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief