Minderjarige seun dood – ma en stiefpa in hof

Lees ook :

Jowayne Domingo (9) van Jakarandastraat, Pacaltsdorp, Oudtshoorn, is Saterdag 13 Mei 2023 omstreeks 17:00 dood.

Sers. Christopher Spies, polisiewoorvoerder, sê polisielede is na ‘n toneel waar hulle die slagoffer in ‘n ambulans gevind het.

Verskeie kneusplekke was oor sy hele liggaam, sy kop en bene sigbaar.

Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

‘n Moorddossier is geopen.

Sy ma en stiefpa, onderskeidelik 31 en 32-jaar oud, is in verband met die moord in hegtenis geneem.

Hulle het Dinsdag 16 Mei 2023 in die landdroshof verskyn, waarna die saak tot 9 Junie 2023 uitgestel is. Beide bly in aanhouding. Omstandighede van die moord is steeds deel van ‘n voortdurende polisieondersoek.

‘n Nadoodse ondersoek om die oorsaak van sy dood te bepaal sal na verwagting gedurende die week uitgevoer word.

Die ondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief