Dit is 17 maande sedert ds. Liezel de Jager wreed buite haar pastoriehuis in Amanzimtoti vermoor is, en daar is steeds geen antwoorde rondom haar dood.
Salome en Henk van Zyl, Liezel se ouers, het in ‘n onderhoud met Netwerk24 gesê hulle weet steeds nie of daar enige vordering in die saak is nie, omdat die polisie glo nie met hulle kommunikeer nie.
Volgens Henk het hy al meer as 91 pogins aangewend om met die ondersoek beampte te praat en die aaste een was op 8 Desember 2022.
Liezel het die oggend van 13 Oktober 2021 gaan draf. Haar man, Werner, het op haar liggaam afgekom en die sekuriteitsmaatskappy na hul huis ontbied.





