Belasting op dampprodukte vanaf vandag in Suid-Afrika betaal

Lees ook :

Nuwe belasting op dampprodukte begin vandag in Suid-Afrika
Nuwe belasting op dampprodukte begin vandag in Suid-Afrika fotokrediet: Canva

Lees ook: Sperdatum vir Zimbabwiërs om land te verlaat al hoe nader

Mense wat nikotienvervangende oplossings, insluitend dampprodukte, gebruik, sal vanaf 1 Junie ‘n vaste koers van R2.90/ml as aksynsbelasting betaal.

Die kriteria wat tabakprodukte se aksyns bepaal, is aangepas om dampprodukte in te sluit. Vervaardigers van dampprodukte moes voor 1 Junie aansoek doen vir lisensies en dit by SARS vir hulle vervaardigingsperseel ontvang en moet teen 28 Julie hulle eerste rekening vir aksynsbelasting aan SARS stuur.

Die nuwe belasting is deur die dampprodukte-industrie gekritiseer wat gesê het dit gaan meer skade doen as goed en gaan mense na onwettige markte dryf. Hulle het ook gekla dat dampprodukte nog nie aan wetgewings in SA onderwerp is nie.

Bronne: BusinessTech, SA People, The Citizen

Lees ook: Sperdatum vir Zimbabwiërs om land te verlaat al hoe nader

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief