Huiswerker wat ‘vals klagte lê’ deur CCTV-kameras uitgevang

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

‘n Vrou (33) het op 1 Junie 2023 vir die eerste keer in die Pinetown-landdroshof in KwaZulu-Natal op ‘n klagte van meineed verskyn.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê die vrou het op 30 Mei 2023 “meineed” gepleeg.

Die vrou, wat ‘n huiswerker in Amandstraat in Marianhill Park was, het ‘n saak van “huisroof” aangemeld. Sy het glo vir die polisie gesê sy was buite besig om klere op die wasgoedlyn te hang toe sy geluide binne die huis hoor.

Sy het verder verklaar dat sy na binne is om ondersoek in te stel en gesien het hoe ‘n man ‘n TV dra en nog een wat die hek van die oprit oopbreek.

Voorts het sy aan die polisie gesê dat juwele gesteel en sy van haar selfoon beroof is voordat die verdagtes in ‘n silwer voertuig gevlug het.

‘n Polisie-ondersoek het deur CCTV-kameras van naburige huise bewys dat die vrou ‘n vals klagte gelê het en daar gesien kan word hoe sy die hek uit vrye wil vir die verdagtes oopmaak.

Sy is dienooreenkomstig vir meineed aangekla.

Die polisie versoek die gemeenskap om nie met misdadigers saam te werk en later vals klagtes oop te maak nie.

Netshiunda sê hulpbronne en tyd wat spandeer is aan die vals klagte kon gebruik word om ander inwoners van die provinsie te beskerm en te dien.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief