Lees ook: Polisie identifiseer verdagte in Madeleine McCann (3) se verdwyning
Die polisie in Portugal het gesê ‘n “paar items” is gevind tydens hulle deursoeking van ‘n reservoir in die Algarve-gebied terwyl hulle die Madeleine McCann-saak ondersoek het.
Hulle het gesê hulle kan nog nie bevestig of die items verbind is aan Madeleine McCann nie, maar dit sal oor die volgende paar weke evalueer word om te sien of dit aan haar verbind kan word.
Maddie McCann het op 3 Mei 2007 in Portugal vermis geraak tydens ‘n vakansie met haar familie.
Die soektog in die reservoir, wat naby is aan Praia de Luz waar Maddie verdwyn het, het drie dae geneem en die Duitse polisie het geweier om te sê wat tot die soektog gelei het. Die Duitse en Portugese polisie het saamgewerk om die reservoir te deursoek.
Duitse ondersoekers glo Christian Brueckner, ‘n verkragter wat tans in die tronk is vir die verkragting van ‘n vrou in 2005 naby die gebied waar Maddie verdwyn het, het haar ontvoer en vermoor.
Brueckner word ook verdink van nog verkragtings en die seksuele misbruik van kinders tussen 2000 en 2017. Hy het tot dusver ontken dat hy betrokke is by die Madeleine McCann-saak.
Daar is nog twee gebiede wat ondersoekers in Portugal gaan deursoek na sowat 8 000 foto’s wat Brueckner geneem het, ontdek is.
Bronne: Euronews, Sky News, Express, Daily Mail
Lees ook: Polisie identifiseer verdagte in Madeleine McCann (3) se verdwyning





