Presidensie-minister kritiseer howe wat deportasie van onwettige immigrante blok

Lees ook :

Presidensie-minister kritiseer howe wat deportasie van onwettige immigrante blok
Presidensie-minister kritiseer howe wat deportasie van onwettige immigrante blok fotokrediet: Canva

Lees ook: Reeds 73 mense dood in Johannesburg-brand

JOHANNESBURG. – Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het die Suid-Afrikaanse howe blameer wat die deportasie van onwettige immigrante blokkeer. Sy het gesê Suid-Afrika is die enigste land wat nie mense kan deporteer wanneer hulle wil nie.

Sy het gesê die howe bring partykeer die mense weer terug die land in. Ntshavheni het die media buite die gebou wat gister in die Johannesburg-sakekern gebrand het, toegespreek.

Sy het die howe en wet gekritiseer omdat dit nie land se grense beskerm nie en mense toelaat om onwettig die land in te kom. Sy het gesê die brand is nie veroorsaak deur ‘n behuisingprobleem nie, maar eerder die feit dat die mense in die gekaapte geboue onwettig die land ingekom het en nie Suid-Afrikaners is nie.

Sy het gesê Suid-Afrikaners en immigrante moenie in gekaapte geboue bly nie, want hulle bedreig hulle eie lewens.

Sy het gesê die regering sal bystand bied aan dié mense wat deur die brand geraak is.

Bronne: IOL, VN Explorer, Polity

Lees ook: Reeds 73 mense dood in Johannesburg-brand

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief