TUINROETE. – Twee seuns, onderskeidelik 8 en 10, het by Natures Valley-strandmeer in Grootrivier in Plettenbergbaai verdrink.
Verskeie NSRI-eenhede, die polisie, en die Wes-Kaap se nooddienste is ontbied. R eddingstuie kon met die springgety by die strandmeer se mond inbeweeg.
Drie kinders was in ‘n kajak op die strandmeer toe hulle in die moeilikheid beland het. Een van die kinders kon die strand bereik om hulp te ontbied.
Met aankoms by die toneel is ‘n kind uit die water gehaal. Ten spyte van KPR-pogings kon sy lewe nie gered word nie en hy is dood verklaar. ‘n Tweede kind is tydens die soektog gevind, maar is ook dood verklaar. Die kind wat oorleef en hulp gesoek het is deur ‘n raadslid na sy ouers geneem.
Die polisie ondersoek ‘n geregtelike doodsondersoek na die verdrinkingsvoorvalle.
Bron: NSRI
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





