All Blacks soek antwoorde oor skeidsregter se besluite in finale wedstryd van RWB

Lees ook :

All Blacks soek antwoorde oor skeidsregter se besluite in RWC finale wedstryd
All Blacks soek antwoorde oor skeidsregter se besluite in RWC finale wedstryd fotokrediet: Canva

Lees ook: Sowat 195 Palestyne oorlede na Israel vlugtelingkamp aanval

NIEU-SEELAND. – Die All Blacks-rugbyspan het ’n klag by Wêreldrugby ingedien oor die skeidsregting in die finale rugbywêreldbekerwedstryd.

Die Springbokke het naelskraaps 12-11 gewen en het die Wêreldbeker huis toe gebring.

Die All Blacks het 14 spelers vir die grootste deel van die wedstryd gehad na die kaptein, Sam Cane, met ’n rooi kaart vir ’n gevaarlike plettervat teen Jesse Kriel van die veld gestuur is.

Die All Blacks het gevra vir verduidelikings na Siya Kolisi slegs ’n geel kaart gekry het vir ’n “soortgelyke ‘tackle’ terwyl Sam Cane ’n rooi kaart ontvang het. Hulle het ook ’n probleem met die drie van Aaron Smith wat gekanselleer is oor ‘n aanslaan.

Ian Foster, All Blacks-afrigter, het gesê hulle het navraag oor die kwessies aan Wêreldrugby vir kommentaar gestuur.

Bronne: Planet Rugby, SuperSport, Puna

Lees ook: Sowat 195 Palestyne oorlede na Israel vlugtelingkamp aanval

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief