Lees ook: Ses weermaglede oorlede toe veldbrand versprei
LOHATLA. – ’n Suid-Afrikaanse lugmagvliegtuig, Casa-212 van Waterkloof, het Woensdag by die opleidingsentrum in Lohatla, Noord-Kaap ’n ongeluk gehad.
Die Suid-Afrikaanse weermagwoordvoerder het gesê medialede is in die vliegtuig van Waterkloof na Lohatla vervoer voordat dit valskermspringers uit die lug gelaat het as deel van ‘n demonstrasie by die Vuk’uhlome ’23-besoekersdag.
Dit is onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het. Daar is geen beserings aangemeld nie. Die oorsaak van die ongeluk en hoeveel skade die vliegtuig opgedoen het, word ondersoek.
Bronne: The Citizen, Defence Web, TimesLIVE





