NOORDWES. – Altesaam 72 persone is Donderdagoggend omstreeks 08:30 beseer toe’n vragmotor van die Buffelspoortpad geloop en teen ‘n helling afgery het.
Eagle Trauma Rescue sê die vragmotor met sy passasiers was onderweg werk toe toe die insident gebeur het.
Die 72 passasiers met lig tot matige beserings is eers op die toneel behandel en daarna deur verskeie nooddiens-ambulanse na hospitale geneem.
Bron: Eagle Trauma Rescue
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: