BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT. – ‘n Jong man (19) is na bewering Donderdag tydens Operasie Shanela op Bastionplein met lewendige ammunisie in sy besit in hegtenis geneem.
Lt.kol. Thabo Covane sê lede van die sigbare polisiëringseenheid van Parkweg het die jong man deursoek en glo op die onwettige ammunisie afgekom.
Die polisielede het op 18 lewendige geweerrondtes wat met ‘n R1 geskiet word, beslag gelê en die jong man is vir die beweerde onwettige besit van ammunisie in hegtenis geneem.
Hy sal Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





