INTERNASIONAAL. – Wyle Matthew Perry (54), geliefde Friends-ster, is oorlede van die akute uitwerking wat ketamien op sy liggaam gehad het. Sy dood is dus as ‘n ongeluk beskryf.
Perry is op 28 Oktober in sy swembad se warmbad (hot tub) gevind waar hy met sy gesig na onder gedryf het.
‘n Verslag van ‘n nadoodse ondersoek is Vrydag deur die Los Angeles County- mediese ondersoeker vrygestel.
Die mediese ondersoeker sê verdrinking, koronêre arteriële siekte en die effek van ‘n opioïed, buprenorfien, het tot sy dood bygedra. Die hoofoorsaak van sy dood is egter die effek wat ketamien op sy liggaam gehad het.
Perry het vir jare ‘n stryd met drank en dwelmmisbruik gehad.
Ketamien is ‘n kragtige verdowingsmiddel wat vir depressie, angs, post-traumatiese stresversteuring en ander moeilik behandelbare geestesgesondheidsprobleme, asook vir ontspanning, voorgeskryf kan word.
Terwyl Perry terapie gekry het waartydens ketamieninfusie plaasgevind het, was hy ‘n week en ‘n half voor sy dood vir die laaste sessie en kon die ketamien wat in sy bloed gevind is nie die gevolg van terapie wees nie.
Dit is onbekend hoe hy die ketamien ingeneem het.
Bronne: Fanity Fair, CNN, USA Today en New York Times
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





