Desember is vakansietyd, feesviertyd en ’n tyd om geskenke uit te deel. Na ’n rowwe jaar waarin alles duurder geword het, is baie Suid-Afrikaners bekommerd dat hulle nie die mas gaan opkom met hulle finansies nie.
Hier is agt nuttige wenke wat jou sal help om jou sente ekstra ver hierdie feestyd te rek:
- Sit solank geld vir Januarie weg. Maak seker dat dit genoeg sal wees vir debietorders wat net na Nuwejaar afgaan.
- Stel ’n vakansiebegroting op en hou daarby.
- Kry slim maniere om te bespaar, bv. koop kruidenierswate in grootmaat en maak eerder self geskenke as om dit te koop.
- Besluit vooraf hoeveel jy bereid is om op geskenke te spandeer.
- Dink mooi waarvoor jy jou bonus wil gebruik. Moet dit nie dadelik uitgee nie.
- Koop vroeg genoeg geskenke voordat die pryse styg.
- Kyk aanlyn vir winskopies en uitverkopings.
- Gebruik ’n digitale beursie. Dit maak dit maklik om rekord van jou uitgawes te hou.
Hou in gedagte dat Desember nie vir ewig sal aanhou nie. Wees hierdie feesseisoen voorbereid op Januarie wat kom.
Bronne: Discovery, IOL





