Gerugte van moontlike reeksmoordenaar in Bloemfontein

Lees ook :

Gerugte doen die rondte van 'n reeksmoordenaar in Bloemfontein na verskeie verdwynings. Foto ter illustrasie: Canva

BLOEMFONTEIN. – Na ’n reeks verdwynings van vroue en moorde in Bloemfontein, vrees inwoners dat daar ’n sindikaat of reeksmoordenaar los is.

Van die insidente sluit die moord op Jessie Michael, ’n maatskaplike werker wie se liggaam naby die Kalkfontein-dam gevind is, in.

Sibongile Portia Ngwana is op 26 November laas in Bochabela gesien. Refilwe Pitleli het op 12 Desember spoorloos verdwyn toe sy haar rapport by die skool gaan haal het.

Die 16-jarige Machaka Radebe se liggaam is gekry nadat sy ontvoer, aangerand en vermoor is.

Die Vrystaatse SAPD- provinsiale woordvoerder, brig. Matantsi Makhele, het gesê die inwoners se veiligheid is in gedrang. Dit is waarom hulle die nodige hulpbronne en kundigheid inbring om te verseker dat inwoners se veiligheid prioriteit is. Hulle hoop dat daar binnekort sukses met die ondersoeke behaal sal word, aangesien daar steeds ouers is wat oor vermiste kinders bekommerd is.

Bronne: ENCA, Swisher post

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief