Kyk: Riana Nel se emosionele AIG-optrede na pa sterf

Lees ook :

Foto: Skermgreep TikTok video Jaco Joubert
@jaco_joubert

@RianaNelOfficial jy het ons almal laat huil. Bly uitstekend soos jy is. Dankie dat jy altyd ons Hemelse Vader eer @Afrikaans is Groot #SAMA28 #afrikaansisgroot #afrikaanstiktoks #fy #fyp #music #jacojoubert #fyps #new #fypage #fypシ゚viral #viral #singing #fp #top #vocals #riananel

♬ Hoor My Stem – Jaco Joubert

TUINROETE. – Riana Nel, geliefde SA–sangeres, het die naweek tydens ‘n AIG-optrede in die Tuinroete op haar knieë neergesak terwyl sy emosioneel gesing het. Haar pa is Saterdag twee weke gelede oorlede.

Sy deel self een van die video-opnames in ‘n sosialemediaplasing en sê sy was onseker of sy dit moes plaas, maar sy voel dit kan iets vir iemand anders beteken. Jaco Joubert het nog ‘n video waarin hy grepe vasgevang het op TikTok gedeel.

Nel, wat op die verhoog sê sy is ‘n “weeskind”, se pa het volgens haar net twee van haar optredes bygewoon, maar “hy was met Vrydagaand se optrede op Hartenbos reg voor in die gehoor”. Sy het emosioneel vir konsertgangers wat tydens die vertoning hul ouers by hulle gehad het gesê om vir hulle te sê hulle is lief vir hulle.

Sy het die treffer Hou Die Hemel Oop vir haar pa en ma gesing. Die sangeres kon haar trane nie keer nie en het die einde van die vertoning op haar knieë afgesluit.

“My pa is vandag twee weke oorlede en saam met my ma in die hemel. Ek wou nie hierdie post nie.😞 Maar dalk moet iemand ook hoor hulle hoef nie altyd sterk te wees nie. EK HET SO HARD PROBEER OM NIE TE HUIL NIE MAAR DIT IS OOK OK. “Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.”

‭‭PSALMS‬ ‭34:19‬ ‭

“Dankie vir almal se liggies. Het gevoel soos drukkies en gebede. 🙏🏼

Bron: Riana Nel Facebook-blad en Jaco Joubert TikTok

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief